Ek verwys na die antwoord tov my vraag aan Brig Dirk Lambrechts, alias Pollex getiteld "Twee wette in kontras met mekaar: Nou hoe nou?". (Verwys na Ask Pollex in Servamus: Maart 2023, vanaf p64.)

Soos altyd, is Brigadier Dirk se studies ongelooflik volledig en insiggewend. 'n GROOT DANKIE aan hom.

Sy werk laat my dink aan my dae gedurende die eerste semester van 1967 as student in die Suid-Afrikaanse Polisiekollege waar Brig Snyman (toe nog 'n kolonel) aan die hoof was van die Berede Afdeling. Hy het ons eendag toegespreek en gesê: "Iets wat die moeite werd is om gedoen te word, is werd om goed gedoen te word." Hy het ook verwys na 'n liedjie van Charles Jacobie wat daardie tyd gewild was met die hooftema: “Do what you do do well!”

Brigadier Dirk voldoen in al sy werke aan daardie leuse.
Sterkte met jul werk!

Dicks Dietrichsen
Pretoria

[Thank you for your kind words, Dicks. Brig Dirk Lambrechts has forever been an asset to making Servamus better and helping our subscribers with their criminal law-related queries. He does not take shortcuts with his research when dealing with a question and loves to share his knowledge. We are forever grateful to him for his contribution to the magazine. Ed.]